Hy Het Jou Geroep
Het jy al ooit gewonder wat jou doel is en waarom jy bestaan?
Slaan jou vuiste teen die muur en wonder of ons Vader jou ooit sien?
Jy roep Sy naam in moedeloosheid aan
In die hoop dat Hy sal hoor en 'n pad vir jou iewers oop sal baan
Hy't jou geroep, geroep by jou naam
Hy sal jou nie los nie, Hy sal jou bewaar
Jy hoef nie te vrees nie, Hy sal jou nooit verlaat nie want Hy's altyd daar
Deur berge en valleie stap Hy langs jou al voel jy soms alleen
En al val jy langs die pad is Hy die een waarop jy kan steun
Jy roep Sy naam in moedeloosheid aan
Deur die stryd hoor jy Sy stem, my kind Ek's hier, dis tyd om op te staan
Hy't jou geroep, geroep by jou naam
Hy sal jou nie los nie, Hy sal jou bewaar
Jy hoef nie te vrees nie, Hy sal jou nooit verlaat nie want Hy's altyd daar
Vee die stof af van jou knieƫ in oorwinning en weet, Hy't die prys betaal vir jou en al jou seer
Hy't jou geroep, geroep by jou naam
Hy sal jou nie los nie, Hy sal jou bewaar
Jy hoef nie te vrees nie, Hy sal jou nooit verlaat nie want Hy's altyd daar
Hy't jou geroep, geroep by jou naam (Hy het my geroep)
Hy sal jou nie los nie, Hy sal jou bewaar (Hy sal my nie los nie)
Jy hoef nie te vrees nie, Hy sal jou nooit verlaat nie want Hy's altyd daar
Hy's altyd daar
Hy's altyd
Daar