As Jy My Kon Volg
As jy my kon volg?
Op die vleuels van die wind
Na wêrelde oorkant die maan
Sou jy my spoor in die Melkweg vind?
My tent tussen sterre sien staan?
Want ek is nog jonk
En die wêreld is oud
Sy skadu val ver deur die ruim
Neem nou my hand
Want die nag word koud
En waarom sal ons nog versuim?
As jy my kon lief hê
Tot alles vergaan
En nooit, ooit die skeiding sou vrees
Sou ons die lewe
Kon leer verstaan?
'n Oomblik gelukkig kon wees
Want ons is nog jonk
En die wêreld is oud
En voor ons het almal gefaal
Neem nou my hand
Want die nag word koud
Dis nou dalk die heel laaste maal