Flippen Skaars
Sjoe hoe lank nou al stap ons die pad saam, ons het soveel klippe saam gekou
Maar somtyds lyk jy steeds so verbaas as ek vir jou sê hey ek’s mal oor jou
Sê ek dit heeltemal te min, wel dan is dit tyd dat ek begin
Hoe stel ek hierdie delikaat?
Hoekom is jy so verbaas?
Iets soos jy is flippen skaars
Soos ‘n diamant onaangeraak
Iets soos jy is nog meer skaars
Iemand soos jy is flippen skaars
Jy skuil soms agter daai cute skaam glimlag om van die wêreld weg te kruip
Maar jy skyn so helder, jou lag aansteeklik dit is onmoontlik om jou mis te kyk
Jy is my lewe, jy's my lig
So sag en nederig
En dit maak jou so verskriklik raar
Hoekom is jy so verbaas?
Iets soos jy is flippen skaars
Soos ‘n diamant onaangeraak
Iets soos jy is nog meer skaars
Iemand soos jy is flippen skaars
Jy gaan nou vir altyd iemand soos jy se leeftyd
Langsaan my en binne my gaan jy altyd bly
Jy is my vir altyd, ek gee vir jou my leeftyd
Langsaan my en binne my gaan jy altyd bly
Jy is my lewe, jy's my lig
So sag en nederig
En dit maak jou so verskriklik raar
Hoekom is jy so verbaas?
Iets soos jy is flippen skaars
Soos ‘n diamont onaangeraak
Iets soos jy is nog meer skaars
Iemand soos jy is flippen skaars