Liefde Is
Ek sit en dink wat as als moet eindig, ons lewe op geleende tyd
Sou jy ook saam met my wou wees nê?
Ek verdrink in jou water, ek doen dit vir jou enige tyd
Sal ons dan ok wees, alles sal ok wees nê?
Dit was ook ‘n donker tyd toe ons ontmoed het, jou pa het my deur gekyk en wou my eers gemoer hetoe't ons hom gewys, gewys wat ons twee saam is
My liefde is die wolke
Jou liefde's soos reën
Ons liefde is waar die water val, val
Ons liefde vloei in strome
Weerlig met die donderweer
Dit is wat ons liefde is, is
Ek sit en dink wat is jy mee besig, wandel ek in jou kop rond?
Wens jy ook jy kon saam met my wees nê
Ek verlang ek sê eerlik 'n uur voel soos ‘n leeftyd
Ek weet ons gaan ok wees alles sal ok wees nê
Dit was ook ‘n donker tyd toe ons ontmoed het, jou pa't my deur gekyk en wou my eers gemoer het, toe't ons hom gewys, gewys wat ons twee saam is
Nou's dit ook ‘n donker tyd maar dit sal oorwaai, wat ons twee het is sterker as ‘n goodbye, ons het mos bewys, bewys wat ons twee saam is
My liefde is die wolke
Jou liefde is soos reën
Ons liefde's waar die water val, val
Ons liefde vloei in strome
Weerlig met die donderweer
Dit is wat ons liefde is
Ons was al deur dit alles en niks kon ons laat val het, so het ons gewys wat liefde is
As donderwolke form ry ons uit op die storm, dit is wat ons liefde is
Nou's dit ook ‘n donker tyd maar dit sal oorwaai, wat ons twee het is sterker as ‘n goodbye, ons het mos bewys, bewys wat ons twee saam is
My liefde is die wolke
Jou liefde is soos reën
Ons liefde's waar die water val, val
Ons liefde vloei in strome
Weerlig met die donderweer
Dit is wat ons liefde is, is
Ek is die lig
Jy is die reën
Die oog van die storm
Ek is die lig
Jy is die reën
Die oog van die storm