Rooi Lippe

Jy sê jy’s alleen
Ek was dronk op jou maar is nugter nou
Ek’s nie spyt net laat of volg ek jou raad?
My kop voel dalk seer die tyd sal net leer

Voel jy die pyn?
Met die raak van jou maak dat als ophou
My hart se kamer raak vol van die trane
Verdrink in ons smarte, los alles vir later

Nou’s ons alleen ons liefde is soos dryfsand
'n Shot tequila, sigaret in my hand
Een prys soos jy en saam speel vir ou laas
Al wat nou oorbly rooi lippe op my kraag

Al wat nou oorbly
Rooi lippe op my kraag
Al wat nou oorbly
Rooi lippe op my kraag

Lippe soos wyn
Net die smaak van jou maak my als onthou
Baklei dit was maande slaap kwaad in die aande
Huil weg al die seer word wakker gaan weer

Ek onthou (Ek onthou)
Ek het aanhou skree kon dit nie keer
Uit my kar uit gespring my gegooi met jou ring
Ons het aanhou probeer ons was dom gewees

Nou’s ons alleen ons liefde is soos dryfsand
'n Shot tequila, sigaret in my hand
Een prys soos jy en saam speel vir ou laas
Al wat nou oorbly rooi lippe op my kraag

Al wat nou oorbly
Rooi lippe op my kraag
Al wat nou oorbly
Rooi lippe op my kraag

Soos dryfsand
In my Hand
Vir ou laas

Al wat nou oorbly
Rooi lippe op my kraag

Most popular songs of Adam

Other artists of House music