Breek

'n Stil geveg wat sy nou veg, bewusteloos
Is sy besig om te verloor
Nie goed genoeg, sy sien haarself deur ander oë
En sy glo dit wat hulle sê

Oe, waar kan sy nog soek
Na die mens wat was toe onskuld nog kon roep
Oe, waar kan sy nog soek
Na die mens wat was toe onskuld nog kon roep

Want sy kan breek
Haar hart kan skeur
Nie gemaak van staal, sy struikel weer en weer
En hoekom dink
Mens nie voor jy
Afbreek met woorde wat in haar kop gaan bly

Sy weet Hy's hier, Hy's nou by haar altyd daar
Hy vra of Hy haar pyn kan dra
Wonder hoekom sy vasklou as Hy sê
Sy kan alles vir Hom gee

Oe, waar kan sy nog soek
Na die mens wat was toe onskuld nog kon roep
Oe, waar kan sy nog soek
Na die mens wat was toe onskuld nog kon roep

Want sy kan breek
Haar hart kan skeur
Nie gemaak van staal, sy struikel weer en weer
En hoekom dink (Hoekom dink)
Mens nie voor jy (Nie voor jy)
Afbreek met woorde wat in haar kop gaan bly

Gee alles vir Hom, Hy dra jou pyn
Nou
Hy't gesterf dat jy leef en lewe in oorvloed

Want ek kan breek
My hart kan skeur
Nie gemaak van staal ek struikel weer en weer

Want sy kan breek
Haar hart kan skeur
Nie gemaak van staal, sy struikel weer en weer

En hoekom voel (Hoekom voel)
My hart weer heel (Hart weer heel)
Want as Hy praat is als vergeet
Als vergeet

Most popular songs of anders

Other artists of Contemporary R&B