Vlieg Saam met My

ANDRE SCHWARTZ, ERNST KLEINHANS, JOHAN OBERHOLZER, MARC BRENDON, NIEL SCHOOMBIE

Die nag loop in stilte en stap na die roep van die klag
Die deur na die rooi dag staan wyd oop
Die dag wil saam lag

'n Blye kind hoor die boodskap van die wind
Loop sag waar ek gaan want ek weet die dag dra my naam

Vlieg saam met my, jy kan, jy is vry
Sweef op die lied van hoop en liefde, die wêreld wil sing
Vlieg saam met my, by seerkry verby
Ek sal bly droom van 'n plek op aarde waar vrede woon
Vlieg saam met my

Daar tussen die vrese, die bomme, die honger, die pyn
Sien blomme geluk en vertroue, die donker verdwyn
Ek voel die son, ruik die veld, drink die reën
Loop sag waar ek gaan want ek weet die dag dra my naam

Vlieg saam met my (Vlieg saam met my)
Jy kan, jy is vry (Jy kan, jy is vry)
Sweef op die lied van hoop en liefde, die wêreld wil sing

Vlieg saam met my (Vlieg saam met my)
By seerkry verby (Seerkry verby)
Ek sal bly droom van 'n plek op aarde waar vrede woon
Vlieg saam met my

Die storie wat ek leef het lankal begin (Lankal begin)
Die einde skryf ek self, hoog ek wil klim (Hoog ek wil klim)

Vlieg saam met my, jy kan, jy is vry
Sweef op die lied van hoop en liefde, die wêreld wil sing
Vlieg saam met my (Vlieg saam met my)
By seerkry verby (Seerkry verby)
Ek sal bly droom van 'n plek op aarde waar vrede woon

Vlieg saam met my (Vlieg saam met my)
Jy kan, jy is vry (Jy kan, jy is vry)
Sweef op die lied van hoop en liefde, die wêreld wil sing
Vlieg saam met my
By seerkry verby
Vlieg saam met my

Trivia about the song Vlieg Saam met My by André Schwartz

Who composed the song “Vlieg Saam met My” by André Schwartz?
The song “Vlieg Saam met My” by André Schwartz was composed by ANDRE SCHWARTZ, ERNST KLEINHANS, JOHAN OBERHOLZER, MARC BRENDON, NIEL SCHOOMBIE.

Most popular songs of André Schwartz

Other artists of Crooner