Super Schalk

Die legende loop so op Wellington
Waar ou Schalk van kleins af met sy stront begin
Op ‘n warm Boland môre het hy homself
Tussen slang en ratel op die berg bevind
En hy twee mal diere staar hom in die oë
Maar ou Schalk is mos nie bang nie dit kan jy glo
Wat daai dag gebeur het wil ons almal weet
Kry ou Schalk sy krag van daai slang en ratel

Oor die velde stoom hy aan
Elke speler vrees sy naam
Super Schalk word baie sterker as ou Hulk
Super Schalk as jy daai groen trui oor hom spalk
Super Schalk

Met sy hart so klein soos ‘n tien sent stuk
En sy hande so groot soos ‘n koekie blik
Maak hy elke liewe meisie se hormone mal
As daai blonde mullet stylvol in sy nek afhang
Maar kry hom op die veld en die pyn lê wyd
Ek dink daai twee mal diere het hom ingespuit
Wat daai dag gebeur het wil ons almal weet
Kry ou Schalk sy krag van daai slang en ratel

Oor die velde stoom hy aan
Elke speler vrees sy naam
Super Schalk word baie sterker as ou Hulk
Super Schalk as jy daai groen trui oor hom spalk
Super Schalk word baie sterker as ou Hulk
Super Schalk as jy daai groen trui oor hom spalk
Super Schalk

En hier volg daai storie van die middag op die berg
Dis ou Schalk en daai slang en daai ratel wat hom terg
Met sy vel hoed in sy hand loer hy vuil na elke dier
Skop ‘n bietjie stof op en sê dis nou die uur
Daai slang val eerste aan dis net spoeg en gif wat spat
En al pik daai slang, hoe mal lag ou Schalk hy kan dit vat
Daai ratel dra nou das van slangleer om sy nek
En dis hoe ons weet ou Schalla nooit sal vrek

Oor die velde stoom hy aan
Elke speler vrees sy naam
Super Schalk word baie sterker as ou Hulk
Super Schalk as jy daai groen trui oor hom spalk
Super Schalk word baie sterker as ou Hulk
Super Schalk as jy daai groen trui oor hom spalk
Super Schalk

Trivia about the song Super Schalk by Bok Van Blerk

When was the song “Super Schalk” released by Bok Van Blerk?
The song Super Schalk was released in 2009, on the album “Afrikanerhart”.

Most popular songs of Bok Van Blerk

Other artists of Pop rock