Eerste Oogopslag
Ek kan nie slaap vanaand nie, nie na gisteraand nie, nie nadat of sedert ek jou gesien het nie
Jou skielike verskyning was dit bloot net 'n beswyming, my ontydige hersenskimme
O, kan dit wees dat met die eerste oogopslag dit liefde kan wees, en glo
Jy nes ek, net soos 'n kind dat 'n grootmens dit dalk ook so kan vind?
En niks maak sin vandag nie, nie na gisternag nie toe ek jou daar eers gewaar het
Asof daardie oomblik my lewe, in n oogwink, al my dae tot onsin verklaar
Laat die mond oorloop waarvan die hart dan vol is
Ja, laat die mond oorloop waarvan die hart dan vol is