Ek Dink Ek Hou Nog Van Jou
Vanaand wil ek nie terug huistoe gaan nie
Kan ons oorverdowende swye nie verdra nie
Die stilte wat met 'n storm begin het
En van daar net wyer uitgekring het
Ek moet bieg ek het dit nooit sien kom nie (Ek het dit nooit sien kom nie)
En die lot kyk vooruit draai nooit om nie (Draai nooit om nie)
Nie soos ons wat net die verlede gewaar (Soos ons wat net die verlede gewaar)
En soos sy wederhelf in sout verstar
En ek dink ek hou nog van jou
En hou jy nog van my?
En kan jy nog onthou
Waarom ons dan baklei?
Weet nooit waar sulke dinge begin nie
En dit maak ook eintlik nooit regtig sin nie
Dalk begin dit met net een woord
Wat in die mond van liefde nie tuishoort
En verdraagsaamheid onwetend die prooi (Verdraagsaamheid onwetend die prooi)
Na die maal van die toorn uitgenooi (Na die maal van die toorn uitgenooi)
Om gegysel dan as ketter te brand (Gegysel dan as ketter te brand)
Vir die losprys van beginsel verpand
En ek dink ek hou nog van jou
En hou jy nog van my?
En kan jy nog onthou
Waarom ons dan baklei?
En ek dink ek hou nog van jou
En hou jy nog van my?
En kan jy nog onthou
Waarom ons dan baklei?