Opdrag Dwaling

Wat kan ek nou nog vir jou sê my bitter liefde is uiteindelik verby
En net jou sterre-oë uit die duister skyn dierdie oomblik nog naby

Wat wil jy nou nog van my hê eerdat die laaste gloed uitbrand?
Ek weet alleen ons siele bly nog hierdie oomblik diep verwant

Toe het ek gedink dat jy en julle min is ek het gevoel dat ek verby
Die kille winde van jul onreg en die doel van jul terloops gegroet is

Ek het die hoop en liefde wat ek eens gegee het as jou erfenis
Geneem, ek het gelag en weens my vrolikheid en goedheid veel gewen

Ek kan jou fluisterend vertel, die eindtoon van die helder lied
Van jeug en liefde is gemeng met skemeringe van verdriet

Ek kan jou my laaste woorde gee, my laaste trane en my laaste leed
Dan sal ek, na dié oomblik, selfs hart van my hart, selfs jou vergeet

Toe het ek gedink dat jy en julle min is ek het gevoel dat ek verby
Die kille winde van jul onreg en die doel van jul terloops gegroet is

Ek het die hoop en liefde wat ek eens gegee het as jou erfenis
Geneem, ek het gelag en weens my vrolikheid en goedheid veel gewen

Maar toe die ligte dof word en die aandklok fel
Die leegte inlui was ek diep bedroef en in myself was ek telleurgestel

Most popular songs of Chris Chameleon

Other artists of Pop rock