Soen

Kan jy my van nou die aand onthou (Want ek onthou jou)
Kan ek jou met my geheim vertrou (Kan jy geheime hou?)
Ek het jou ontmoet en sedertien (Wil ek jou weer sien want)
Jy's die vergestalting van my mooiste drome (Ah)
Jy's die vergestalting van my mooiste drome (Ah)

Nou't ek jou nommer en wil jou bel (Dalk moet ek eers tot tien tel)
En ek wonder hoe ek dit moet stel (Hoe sal ek dit dan vertel?)
Ek begin te bloos nog voor ek kan praat (O rooigesig verraad)
Want ek weet wat dit is wat ek wil vra

En ek stotter as ek met jou praat en my stem breek
En ek vrees dat jy dalk my gedagtes kan lees
Want ten spyte daarvan dat ek my beskaafd voordoen
Wil ek jou eintlik net gryp
En jou soen
En jou soen

Jy't gedink dis vreemd dat ek jou bel (Ek was bly jy't opgetel)
Jy't ingestem om uit te gaan (En ek was oor die maan)
Ek kon my groot geluk nie glo (Iemand hou van my daarbo want)
Jy's die vergestalting van my mooiste drome (Ah)
Jy's die vergestalting van my mooiste drome (Ah)

Toe't ek jou met die rooi motor gaan haal (Blink vosperd met 'n nuwe saal)
Met 'n bos vol blomme voor jou deur kom staan (Uitgevat en oorgehaal)
Maar toe jy daai deur oopmaak (Het ek amper agteroor geval)
Want jy't soos 'n hemelse engel gestraal

En ek stotter as ek met jou praat en my stem breek
En ek vrees dat jy dalk my gedagtes kan lees
Want ten spyte daarvan dat ek my beskaafd voordoen
Wil ek jou eintlik net gryp
En jou soen
En jou soen

En ek stotter as ek met jou praat en my stem breek
En ek vrees dat jy dalk my gedagtes kan lees
Want ten spyte daarvan dat ek my beskaafd voordoen
Wil ek jou eintlik net gryp
En jou soen
En jou soen

Most popular songs of Chris Chameleon

Other artists of Pop rock