Taal Van Die Liefde
My taal die word nie meer gepraat nie
Ek hoor haar klank nie meer op straat nie
Sy word aan bande gelê, dis seker oor die skandes van haar sprekers
My hart het in my taal groot geword
Daarsonder skiet my gevoel te kort, my leed en hoop in klank vervat
Die melodie van haar woordeskat
En as ek droom dan droom ek in my taal
En as ek saans voor ek gaan slaap met my God praat dan praat ek in my taal
Hy verstaan
Verlede eis nog steeds sy tol
Hande met die bloed van onskuld vol as die toekoms breek onthul die oostergloor
Die nag van vereffening het dalk 'n taal vermoor
As heel die wêreld een taal praat
Tot net een uitdrukking in staat
Die klank en kleur van elke mens deur die eggo van 'n enkele lied begrens
Dan sal ek droom en dan droom ek in my taal
En as ek saans voor ek gaan slaap met my God praat dan praat ek in my taal
Hy verstaan
Ja, Hy verstaan
En wanneer ons nie meer kan praat nie
En gesprek nie meer by spraak kan baat nie
Dan sien ek in jou oë die taal wat al wat n mens is kan verstaan
Dan sal ek droom en dan droom ek in my taal
En as ek saans voor ek gaan slaap met my God praat dan praat ek in my taal
Hy verstaan
Ja, Hy verstaan
Hy verstaan
Ja, Hy verstaan
Hy verstaan
Ja, Hy verstaan