Ek Rig My Oë

Ken jy Hom wat wonders doen?
Hy wat kan seën en kan verdoem?
Is jou oë op die Here?
Kan Hy jou Sy kind regverdig noem?

Was jy bly toe die mense sê
Kom laat ons gaan na Jerusalem?
Smag jou siel na die Here?
Lê jou lewe oop voor Hom?

Ek rig my oë na die berge
Maar my hulp kom van die Here
Elke keer as my voet wil wankel
Was U daar Heer, keer op keer

Loof die Here want Hy is goed
Daar is vrede in my gemoed
Aan Sy liefde is daar nie einde nie
Met my hart wil ek die Here loof

Here, U het geen gelyke nie
U goedheid o Heer is ver bo almal
Daar is vrede en rus naby U

Al sou ek gaan waar die oog nie sien
Van U o Heer kan niemand skuil nie
Ja die duisternis is vir U lig
En die nag, vir U so goed soos dag

Ek rig my oë na die berge
Maar my hulp kom van die Here
Elke keer as my voet wil wankel
Was U daar Heer, keer op keer
Was U daar Heer, keer op keer

Most popular songs of Danie Botha

Other artists of Gospel