Emmauspad

Laat ek jou vertel wat het met my gebeur
Die agt myl stap op die Emmauspad het my lewe omgekeer
Ons het gepraat oor Jerusalem en die mense se haat
Stukkend soos Sy lewe het ons harte ons verlaat

In my verbuisterheid, verdwaased en verslaaf
Kom daar nog 'n broeder aan met allerande vreemde vrae
Is jy dan vreemdeling dat jy dit tog nie verstaan?
Hulle het die vors wat Rome moes verslaan
Gemoor en verbrysel, aan 'n kruishout opgehang

Op alles te kroon, nou die derde dag loop daar vroue wat vertel
Hul was by die graf, glo 'n engel gesien
Hy sê, hy sê Hy het opgestaan
Het opgestaan

Hoe onverstandig is, so traag om te glo
Het Moses en profete nie gesê dat Hy moes ly
Sy Koninkryk is nie van hier, maar dit kom van Bo
Jy kan daar binne gaan alleenlik as jy glo

Die einde van ons reis was daar en Hy wou verder gaan
Sy woorde was soos water op 'n droë, dorre land
Ek het gesmeek, Hy moes net bly, Sy woorde maak my vry
'Seblief Meneer, kyk dis laat, dis so donker in my hart

Skielik het my hart gejuig, ek ken mos hierdie man
Daar's niemand wat kan bid soos Hy en van die Koninkryk vertel
Niemand vertel

Skielik was die Here daar, Hy't tussen ons kom staan
Deur Sy hande en Sy voete was die spuikers in geslaan
Maar Sy Koninkryk is nie van hier, ja dit kom van Bo
En jy kan daar binne gaan alleenlik as jy glo
Net as jy glo

Sy Koninkryk is nie van hier, ja dit kom van Bo
En jy kan daar binne gaan alleenlik as jy glo

Most popular songs of Danie Botha

Other artists of Gospel