Weduwee Se Kruik

Ons almal is maar bang dat die liefde dalk sal opraak
Dus probeer ons dit tot sterwens toe bewaak
En bere ons dit veilig in die hart se diepste kluis
Hou jou naaste op 'n afstand met die vuis

Maar dis die goeters wat mens weggee wat jou ryk maak
En dis daarmee dat jy mense om jou raak
Want wat beteken liefde as jy dit nie kan gebruik nie?
Soos 'n blom se geur as niemand daaraan ruik nie?

Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
Wat vol bly selfs al sou sy dit gebruik
Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
En die liefde is die olie in sy buik

Dis eintlik so eenvoudig en tog almal murmereer
Want die liefde het 'n les wat baie min van ons ooit leer
Jy kannie liefde optel soos 'n boekhou balanseer nie
Want liefde's wins bly optel omgekeerd

Maar dis goeters wat mens weggee wat jou ryk maak
En dis daarmee dat jy mense om jou raak
Want wat beteken liefde as jy dit nie kan gebruik nie?
Soos 'n blom se geur as niemand daaraan ruik nie?

Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
Wat vol bly selfs al sou sy dit gebruik
O ja ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
En die liefde is die olie in sy buik

Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
Wat vol bly selfs al sou sy dit gebruik
Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
En die liefde is die olie in sy buik
Ja die liefde is die olie in sy buik

Most popular songs of Danie Niehaus

Other artists of Afrikaans