Dit Is Alles
So dis nou so
Maar dit was nog altyd so
Jy maak of jy belangstel en ek bly jou glo
Sê my sien jy wat doen jy nou?
Dis amper of jy alles van my weghou
Maar dan bly jy by jou keuse om my net hier te laat lê
Terwyl ek in jou oë kyk en vir jou sê
Dit is alles dit is alles oor
Dit is alles net oor jou
Dit is alles dit is alles oor
Dit is alles net oor jou
Dis alles net oor jou
So dis nou so
So dis waar ons nou staan
Ek het ongeveer te hard probeer om jou te verstaan
Sê my sê jy wat jy bedoel?
Is die woorde op die tafel hoe jy regtig voel?
Maar nou bly ek by my keuse om jou altyd lief te hê
Terwyl ek in jou oë kyk en vir jou sê
Dit is alles dit is alles oor
Dit is alles net oor jou
Dit is alles dit is alles oor
Dit is alles net oor jou
Dis alles net oor jou
Jy sê jou hart is net vir my jy pak dan jou goed en stap verby
En los jou leemte oral om my
Jy sê vir maande was jy vry en dit was alles net oor my
Ek’t jou so nodig sê my die ergste is verby
En is dit alles
Is dit alles oor
Is dit alles net oor jou?
Dit is alles dit is alles oor
Dit is alles net oor jou
Dit is alles dit is alles oor
Dit is alles net oor jou
Dit is alles net oor jou
Dit is alles net oor jou
Dis alles net oor jou