Lisa Se Klavier

Ek het ‘n vriendin vêr by die blou see
Teen die hang van Tafelberg as die son sak
Speel sy die mooiste melodieë

Haar vingers ken die pad
Opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde
Hartseer en verlange verstaan die hart se diepste smart

Ja, die hele wêreld word stil en luister in die donker uur na die naggeluide van Lisa se klavier

En Lisa kan nie ophou as sy eers begin het nie
En sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem voor my laaste sigaret nie

Ek staan op haar balkon en drink haar appelkoostee, kyk uit na Kaapstad in die nag
Die liggies
En die swart, swart see

En die swart, swart see

Ja, die hele wêreld word stil en luister in die donker uur na die naggeluide van Lisa se klavier
Ja, die hele wêreld word stil en luister in die donker uur na die naggeluide van Lisa se klavier

En onder op die sypaadjie sien ek die bergie en sy maat
Staan en opkyk vêr na bo vanuit die vullis
Van Oranjestraat

Van Oranjestraat

Hul ken al lank die klanke wat uit haar woonstel stroom
Laat na twaalf met die deure oop al moan die bure ook al hoe
Word Lisa elke boemelaar se droom

En die hele wêreld word stil en luister in die donker uur na die naggeluide van Lisa se klavier
Ja, die hele wêreld word stil en luister in die donker uur na die naggeluide van Lisa se klavier

Ja, die hele wêreld word stil en luister in die donker uur na die naggeluide van Lisa se klavier

Most popular songs of Dewald Wasserfall

Other artists of Pop rock