Pretoria Wes
Van der Hoff Straat uit oppad na Hartebeespoort dam
Gee maar vet om die draai as die hartseer jou vang
Maar verder as die moet jy nooit alleen probeer ry nie
En as jy my nie vanaand bel nie sal jy my nooit weer sien nie
Die gras is altyd groener aan die ander kant
En die lig trek altyd oop na ‘n veldbrand
Verwyder jouself spoediglik van die perseel polisiekar
Is my gunsteling orkes
En ek luister na hul rekords tussen caravans en vaalbruin Fords welkom in Pretoria-Wes
Daspoort tonnel met Psalms van profete teen die muur
Skryf jou naam in rooi om te wys jy was ook hier
Maar meer as die mag jy niemand van jouself vertel nie
En meer as die wil ek nooit weer na jou verlang nie
Die gras is altyd groener aan die ander kant
En die lig trek altyd oop na ‘n veldbrand
Verwyder jouself spoediglik van die perseel polisiekar
Is my gunsteling orkes
En ek luister na hul rekords tussen caravans en vaalbruin Fords welkom in Pretoria-Wes
Alles lyk mooi net soos wanneer jy by die see is
Alles lyk mooi net soos wanneer jy by die see is
En ek staan op die kaai en ek waai vir jou goebaai
En alles is mooi alles is beter maar dis nie ‘n see nie dis net ‘n grim dam vol van spyt
Verwyder jouself spoediglik van die perseel polisiekar
Is my gunsteling orkes
En ek luister na hul rekords tussen caravans en vaalbruin Fords welkom in Pretoria-Wes
Ek verlang so na Pretoria-Wes