Afrikaans Sal Bly [Live]
Hoe sou dit wees as jy kon wees wie jy is?
As jy kon leef sonder vrees in jou hart
Sou jy kan trots wees op Ingrid en Antjie se werk?
Sou die kleur van jou vel net 'n klein deel vertel van wie jy is?
Wat as ek sê daar is meer as bloed in jou hart?
Wat as ek sê daar is plek vir my en jou in ons land?
Sou jy my glo as ek sê ons moet veg vir dit wat ons een maak?
Afrikaans jy's meer as 'n taal
Jy's wat ons laat sin maak
Sou jy jou oë omsluit vir wat om ons aangaan?
Sal jy as die jeug
Bou en laat voortgaan?
Sal jy uit Psalms ons land weer as almal s'n erken?
Sal jy saam ons bid dat Hy ons land sal seën?
Wat as ek sê daar is meer as bloed in jou hart?
Wat as ek sê daar is plek vir my en jou in ons land?
Sou jy my glo as ek sê ons moet veg vir dit wat ons een maak?
Afrikaans jy's meer as 'n taal
Jy's wat ons laat sin maak
Ons kan beter wees verseker
Ons almal smag na eenheid in ons land
Wat jy soek sal jy kry
Afrikaans sal bly
Wat as ek sê daar is meer as bloed in jou hart?
Wat as ek sê daar is plek vir my en jou in ons land?
Sou jy my glo as ek sê ons moet veg vir dit wat ons een maak?
Afrikaans jy's meer as 'n taal
Jy's wat ons laat sin maak
Afrikaans jy's meer as 'n taal
Dis jy wat ons laat saak maak
Afrikaans jy's meer as 'n taal
Dis jy wat ons een maak