Blou

Ek was net 'n kind toe ek die eerste keer gedroom het
Ek onthou dit nog soos nou ek was net 'n kind
Ons almal het 'n droom

Die horison was wyd
En my naam was daar geskryf
Iewers in die toekoms glo jy as jy jonk is
Jy het nog baie tyd

Jou lig was blou en ek was 'n duif
Jy laat my vlieg tot reg hier teen jou lyf
Hoekom dan vry wees as jy my vashou
Ek wil myself verloor diep in die blou

Op sestien was ek seker
Van als wat moet gebeur
Die kaarte was gespeel gemaak as of ek weet
Wat rondom my aangaan

Maar daar was vrae in die donker
Wat in die aand by my wou steel
Sal ek dit self kan maak net een ding het gebly
En dit was altyd jy

Jou lig was blou en ek was 'n duif
Jy laat my vlieg tot reg hier teen jou lyf
Hoekom dan vry wees as jy my vashou
Ek wil myself verloor diep in die blou

Nou's ek groot
En ek sien hoe jy geraak het aan my storie
Ek sien jy was die antwoord op my vrae
Jy was altyd die een wat my wou dra

Jou lig was blou en ek was 'n duif
Jy laat my vlieg tot reg hier teen jou lyf

Most popular songs of Elvis Blue

Other artists of Middle of the Road (MOR)