Kaptein

Eendag lank gelede in my drome
Was daar 'n vrou soos jy
Sy was ver te mooi vir my

Daar was 'n eiland vol meisies in bikinis
En almal lyk soos jy
Dit was ver te veel vir my

Kaptein span die seile
Kaptein sy is myne
Daar waar die son opkom oor die horison wag sy
Sy wag vir my

Eendag op 'n reëndag, ons alleendag
Dit was net ek en jy
Ons het mekaar in 'n droom gekry

Daar was 'n eiland vol kinders by dosyne
En almal lyk soos jy
En dit was mooier as mooi vir my

Kaptein span die seile
Kaptein sy is myne
Daar waar die son opkom oor die horison wag sy vir my

Kaptein span die seile
Kaptein sy is myne
Daar waar die son gaan lê het sy gesê sy wag
Sy wag vir my

Kaptein ek wens jy wil my hoor
Kaptein ek wens jy wil, ek gaan my droom verloor

Kaptein span die seile
Kaptein sy is myne (Sy is myne)
Daar waar die son opkom oor die horison wag sy vir my (vir my)

Kaptein span die seile
Kaptein sy is myne
Daar waar die son gaan lê het sy gesê sy wag
Sy wag vir my

Most popular songs of FATMAN

Other artists of House music