Die Skip

Stuur die reddingsbote uit
Braak jou sorge oor die rand
Eerste indrukke bly staan
Ek’s nog oorgewig en dronk
Gooi jou sorge in die wind
Laat die as in jou oë waai
Ek is hierdie skip wat sink
Anker onderkant

Ek is niks
Maar jy’s steeds iets vir my
Ek dryf weg
Maar jy sal konstant bly

Stuur die helikopters terug
Al die emmers klaar geskop
Skrop die bodem tot hy blink
Gevlekte vloerlap op die kop
Lewensboeie dobber rond
Donderstorm agtergrond
Ek is hierdie skip wat sink
Op die horison

Trivia about the song Die Skip by Francois Van Coke

When was the song “Die Skip” released by Francois Van Coke?
The song Die Skip was released in 2015, on the album “Francois van Coke”.

Most popular songs of Francois Van Coke

Other artists of