Dorp Rooi Verf

Ek dink van Maandag af wat gaan ons doen die naweek
Sien so uit daarna
Wonder wie en waar

Kan die week net vinniger verby gaan
Wens ek kan nou al ry
Dat al die dae net klaarkry

Uiteindelik is Vrydag hier
Dis wat ek wil hê
Wat ek wil hê

Vanaand kan ons gaan
En almal saamvat en die hele dorp rooi gaan verf
Ons weet ons kan
Ons sal dit onthou en sorg dat niemand ons aand bederf
Naweek is hier
Vergeet van alles
Skuif dit weg, ons geniet die tyd
Want ons doen dit min genoeg
Ja dis ‘n feit

Nou weer vroeg opstaan ek wens ek kan langer lê
Ek bly die heeltyd vaak
Wil net aan die slaap raak

Die verkeer is mal, ek tel al die ure af
Dit werk op my senuwees
Wil net by die huis wees

Uiteindelik is Vrydag hier
Dis wat ek wil hê
Wat ek wil hê

Vanaand kan ons gaan
En almal saamvat
En die hele dorp rooi gaan verf
Ons weet ons kan
Ons sal dit onthou
En sorg dat niemand ons aand bederf
Naweek is hier
Vergeet van alles
Skuif dit weg, ons geniet die tyd
Want ons doen dit min genoeg
Ja dis ‘n feit

Vanaand kan ons gaan
En almal saamvat
En die hele dorp rooi gaan verf
Ons weet ons kan
Ons sal dit onthou
En sorg dat niemand ons aand bederf
Naweek is hier
Vergeet van alles
Skuif dit weg, ons geniet die tyd
Want ons doen dit min genoeg
Ja dis ‘n feit

Ons doen dit min genoeg
Ja dis ‘n feit

Trivia about the song Dorp Rooi Verf by Franja du Plessis

When was the song “Dorp Rooi Verf” released by Franja du Plessis?
The song Dorp Rooi Verf was released in 2016, on the album “My Verhaal”.

Most popular songs of Franja du Plessis

Other artists of