In Twee Geskeur

Franja Du Plessis

Hoe kon ek dink dit was eg
Ek het geweet dis te goed om waar te wees
Maar wat ek voel is weg
Ek kan nie bekostig om te lewe in die vrees
Hoe sal ek ooit kan weet
Hoe jy voel
Want jy’t my hart gebreek

Ek's in twee geskeur
Met trane vlak hier in my oë
Ek sal hieruit leer
Want alles wat ons was is nou verby
En ek het seer
Want ek het my hart op jou verloor
Ek wil loop en net verdwyn
Dat ek ontslae raak van die pyn

Hoe kon jy my so verraai
Dieselfde belofte aan al die ander gemaak
Want alles het om jou gedraai
Nie eers die aand onder die sterre
Maak vir jou meer saak

Hoe sal ek ooit kan weet
Hoe jy voel
Want jy’t my hart gebreek

Ek's in twee geskeur
Met trane vlak hier in my oë
Ek sal hieruit leer
Want alles wat ons was is nou verby
En ek het seer
Want ek het my hart op jou verloor
Ek wil loop en net verdwyn

Hoe sal ek jou weer in die oë kan kyk
As als anders lyk
Tussen ons vandag
Ek het vertrou
Dat ons liefde sal hou vir altyd
Maar daai muur is gebou

Ek's in twee geskeur
Met trane vlak hier in my oë
Ek sal hieruit leer
Want alles wat ons was is nou verby
En ek het seer
Want ek het my hart op jou verloor
Ek wil loop en net verdwyn

Ek's in twee geskeur
Met trane vlak hier in my oë
Ek sal hieruit leer
Want alles wat ons was is nou verby
En ek het seer
Want ek het my hart op jou verloor
Ek wil loop en net verdwyn
Dat ek ontslae raak van die pyn

Trivia about the song In Twee Geskeur by Franja du Plessis

When was the song “In Twee Geskeur” released by Franja du Plessis?
The song In Twee Geskeur was released in 2016, on the album “My Verhaal”.
Who composed the song “In Twee Geskeur” by Franja du Plessis?
The song “In Twee Geskeur” by Franja du Plessis was composed by Franja Du Plessis.

Most popular songs of Franja du Plessis

Other artists of