Jerusalem [Duet]

Laasnag het in my drome 'n wonderbeeld verskyn
Ek staan in ou Jerusalem en sien die tempel daar
Ek hoor die sang van kinders net soos 'n Engelekoor
En saam sing hul 'n loflied wat selfs die hemele hoor
En saam sing hul 'n loflied wat selfs die hemele hoor

Jerusalem Jerusalem
Sing nou ‘n loflied saam
Hosanna in die hoogste
Hosanna prys Sy Naam

En daar verander toe my droom en stilte daal daar neer
Weg raak die bly Hosannas geen kinderstemme meer
Die son het toe verduister, die oggend koud en kil
In die skadu van ‘n kruis verrys, verrys om ons ontwil
In die skadu van ‘n kruis verrys, verrys om ons ontwil

Jerusalem Jerusalem
Sing nou ‘n loflied saam
Hosanna in die hoogste
Hosanna prys Sy Naam

En weer verander die toneel, ‘n helder glans herskyn
Ek sien die Heilige stad daar, die son begin weer skyn
Die poorte word wyd oop gemaak, die duister het verdwyn

Almal kan na binne gaan, geeneen sal buite staan
‘n Nuwe dag het aangebreek, die kinders sing weer saam (Sing weer saam)
Die Heilige stad Jerusalem sal nooit weer kan vergaan
Die Heilige stad Jerusalem sal nooit weer kan vergaan

Jerusalem Jerusalem
Sing nou ‘n loflied saam
Hosanna in die hoogste
Hosanna prys Sy Naam
Hosanna in die hoogste
Hosanna prys Sy Naam

Trivia about the song Jerusalem [Duet] by Ge Korsten

When was the song “Jerusalem [Duet]” released by Ge Korsten?
The song Jerusalem [Duet] was released in 2013, on the album “Kom Sing 'N Lied”.

Most popular songs of Ge Korsten

Other artists of Opera