Wanneer Kom Jy Weer
Weet jy dat ek jou nie kan vergeet nie?
Weet jy dat ek nog na jou verlang?
Neem die foon en bel my, sê my hoe dit gaan
Wanneer kom jy weer?
Weet jy ons het nooit totsiens gesê nie?
Daar't net eendag iets verkeerd gegaan
As ek net jou stem kan hoor dan's daar nog hoop
Wanneer kom jy weer?
Ons sal moet vergeet en moet vergewe
Want soms maak selfs die liefde ook so seer
Kom ons neem die beste uit die verlede
En bou dan die toekoms saam daarmee
Weet jy dit is beter dat ons saam bly?
Want dan word die liefde meer en meer
Neem die foon en bel my nog vanaand en sê my
Wanneer kom jy weer?
Ja wanneer kom jy weer?