Ek Sal By Jou Staan

Iemand het jou hart gebreek
Waarom is die liefde dan so wreed?
En in jou oë sien ek selfverweid
En vrees vir die eensaamheid

Nêrens is daar iemand wat jy vertrou
Niemand om jou hand vas te hou
Net soos 'n kind in 'n vreemde stad
Vol angs vir die donker nag

Maar as jy huil dan troos ek jou, as jy praat dan glo ek jou
As jy sê wat jy wil hê sal ek verstaan
Waar jy dwaal kom haal ek jou, as jy val dan help ek jou
As jy bang is, vol verlange, sal ek by jou staan

Jy wonder wat nou en waarheen?
En more lyk vir jou so alleen
En in jou oë sien ek selfverweid
En vrees vir die eensaamheid

Maar as jy huil dan troos ek jou, as jy praat dan glo ek jou
As jy sê wat jy wil hê sal ek verstaan
Waar jy dwaal kom haal ek jou, as jy val dan help ek jou
As jy bang is, vol verlange, sal ek by jou staan

Waar jy dwaal kom haal ek jou, as jy val dan help ek jou
As jy bang is, vol verlange, sal ek by jou staan
Sal ek by jou staan

Most popular songs of Gerrie Pretorius

Other artists of Middle of the Road (MOR)