Maggie

Ek stap weer vandag deur die veld Maggie
Om net te kan droom van jou
Die stroom vloei nog sterk soos ons liefde Maggie
Dit was so in dae van oud

Die voëls se gesang is nou stil Maggie
Hul draai in die hemel so blou
Die blomme verwelk sonder reën Maggie
Soos ek sonder liefde van jou

Ja ek is alleen nou en oud Maggie
My pas is veel stadiger nou
My hare is silwer nie goud Maggie
Maar steeds dink ek altyd aan jou

Ek weet daardie tyd is verby Maggie
En nooit sal dit weer so kan wees
Maar vir my is jy hier aan my sy Maggie
Soos jare lank reeds verby

Ek weet daardie tyd is verby Maggie
En nooit sal dit weer so kan wees
Maar vir my is jy hier aan my sy Maggie
Soos jare lank reeds verby
Soos jare lank reeds verby

Trivia about the song Maggie by Gerrie Pretorius

When was the song “Maggie” released by Gerrie Pretorius?
The song Maggie was released in 2007, on the album “Ek Sing Vir Jou Bles”.

Most popular songs of Gerrie Pretorius

Other artists of Middle of the Road (MOR)