Net Soos 'n Wilger

Net soos 'n wilger as winter begin
Net soos 'n kerslig geblus deur die wind
Net soos 'n vlinder wat nie langer kan vlieg
Die gevoel kry ek mos altyd

Wanneer ek struikel alleen in die nag
Verskyn daar 'n liggie wat net vir my wag
Ek sluit net my oë en leef in my droom
Die droom verskyn in my hart

Nie lank gelede was daar nog vrede
Maar nou kan ek net in drome lewe
Ek kan vergewe maar nooit vergeet nie
Ek vind ontvlugting hier in my droom

Ons het gewankel, die liefde laat kantel
Hier in my droom kan ek als herleef
Nooit was die liefde so nou geweef nie
Nou kan ek net in 'n wentelbaan leef

Soms voel ek hartseer en vreeslik alleen
Dan kan my drome my êrens heen neem
Ek sluit net my oë en leef in my droom
Die droom verskyn in my hart

Nie lank gelede was daar nog vrede
Maar nou kan ek net in drome lewe
Ek kan vergewe maar nooit vergeet nie
Ek vind ontvlugting hier in my droom

Nie lank gelede was daar nog vrede
Maar nou kan ek net in drome lewe
Ek kan vergewe maar nooit vergeet nie
Ek vind ontvlugting hier in my droom

Ons het gewankel, die liefde laat kantel
Hier in my droom kan ek als herleef
Nooit was die liefde so nou geweef nie
Nou kan ek net in 'n wentelbaan leef

Ek wil droom daar in die lug
Drome bring jou gou weer terug

Trivia about the song Net Soos 'n Wilger by Gerrie Pretorius

When was the song “Net Soos 'n Wilger” released by Gerrie Pretorius?
The song Net Soos 'n Wilger was released in 2005, on the album “Adio Amore”.

Most popular songs of Gerrie Pretorius

Other artists of Middle of the Road (MOR)