Sal Jy Vir My Wag

Die lewe se draaie maak anders met my
En soms voel dit of dit my onder gaan kry
Ons sou dit dalk so anders wou gehad het

Jy was die sterker, het vir ons baklei
En ek was jou anker, by my wou jy bly
Saam was ons twee onbreekbaar in geloof

Sal jy vir my wag, solank as dit moet?
Sal jy getrou op my koms wag soos ons trou dag?
Nooit as te nimmer kan ek jou vergeet
Liefling wees sterk in die dae, ek's vir jou so lief

Soms gaan dit moeilik om stande te bly
Laat in die aande dan vang dit vir my
Weet dat ek jou bo alles lief gehad het

Ek kyk na ou fotos, jy glimlag vir my
Geld kan nie koop die gevoel wat ek kry
En ek weet jy is vanaand hier naby my

Sal jy vir my wag, solank as dit moet?
Sal jy getrou op my koms wag soos ons trou dag?
Nooit as te nimmer kan ek jou vergeet
Liefling wees sterk in die dae, ek's vir jou so lief

Sal jy vir my wag, solank as dit moet?
Sal jy getrou op my koms wag soos ons trou dag?
Nooit as te nimmer kan ek jou vergeet
Liefling wees sterk in die dae, ek's vir jou so lief

Nooit as te nimmer kan ek jou vergeet
Liefling wees sterk in die dae, ek's vir jou so lief

Trivia about the song Sal Jy Vir My Wag by Gerrie Pretorius

When was the song “Sal Jy Vir My Wag” released by Gerrie Pretorius?
The song Sal Jy Vir My Wag was released in 2005, on the album “Adio Amore”.

Most popular songs of Gerrie Pretorius

Other artists of Middle of the Road (MOR)