Blou Keurspel
Daar is soveel baie kleure
Selfs die aande in hul was
Maar ken jy die kleur wat die winterson bring
En die broodbruin van die blare voor jou deur?
So onthou ek die verlede
Waar ons sit en kleure tel
Van blos daar in jou wange tot die geel gekapte hooi
Tot die oomblik wat jou arms my weggooi
As die skemer kom en hy vang my by jou
En hy stuur jou terug na jou huis toe
Wie sou verstaan hoe ek sou voel?
Wie sou verstaan?
Oral om om my heen is dit blou
Want ek wil by jou wees
Ek wil by jou wees vanaand
Alles is blou
Alles is blou
Ek het ‘n huisie by die see dis nag
Ek hoor aaneen aaneen die golwe slaan
Teenaan die rots waarop my huisie staan
Met al die oseaan se woeste krag
My vuurtjie brand my kersie gee sy lig
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daarbuite
Ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite
Hier binne is dit veilig warm en dig
Kom nag kom weer en wind kom oseaan
Dit is 'n rots waarop my huisie staan
Dit is 'n rots waarop my huisie staan
Dit is 'n rots waarop my huisie staan
Dit is 'n rots waarop my huisie staan
Ek wens ek was die skaduwee wat aan jou voete rus
Dan sou ek droomloos sluimer tevrede en gerus
As drome tog net naastenby
Na dagbreek by ‘n mens kom bly
Maar die lewe bly herinner
Wat jy kry is dikwels minder
Maar sê nou bly jou lekker sê want
Alles wat ‘n mens wil hê kry jy daarmee en soms meer
En dikwels nog ‘n bietjie seer
Afrikaans kook Afrikaans kook
Afrikaans kook Afrikaans kook
Afrikaans kook Afrikaans kook
Afrikaans kook Afrikaans kook
As die son gaan lê en die see is bes
Wil ek sweef op die vlerk van die wind
Na my land in die suide waar kranse antwoord gee
Sy deur staan oop daardie wêreld van my
Halala Suid-Afrika (Halalalala)
Halala Suid-Afrika (Halalalala)
Waar geen maere lyfies in die Boland staan
Met die manne braai tot die hane kraai
Smeek die harlekyn vir nog ‘n bietjie wyn
Ja hierdie land bied elkeen sy lewe
Halala Suid-Afrika (Halalalala)
Halala Suid-Afrika (Halalalala)
Afri afri afrikiti, afri afri afrikiti wê o wê
Afri afri afrikiti, afri afri afrikiti ê o wê
Want jy’s trots Afrikaans en jou lewe’s ‘n lied
Jy kan rock in jou taal elke woord is verniet
Soen wat jy voel wat jou hart tog bedoel
Jou land jou mense jou moedertaal
Kom net weer speel van die verhaal
Afrikaans kook Afrikaans kook
Afrikaans kook Afrikaans kook
Afrikaans kook Afrikaans kook
Afrikaans dis my taal