Bicycle Sonder Slot

Karen onthou jy ons kuiers met koeldrank?
Alleen in 'n kaya van jeugdag se groen?
Onthou jy die dae van skool bunk en kers brand?
Die nagte vol honde en goed om te doen?

Saam het ons bulte geklim in die somer
En fiets gery al op die soom van 'n droom
Wat is jy as jy groot is, is die lewe net stroom op?
Ons vrae het gewapper soos vlieërs aan 'n boom

Ek bring vir jou blomme ek gee jou genot
Ek leen jou my bicycle sonder 'n slot
Ek weet dit is laat en jou ma'le slaap
Maar ek moes net vir jou sê ek het jou lief
Ek het jou lief soos die Kaap

Karen weet jy dat jare soos wyn
Kan oud word in kanne van jeugdag se groen?
Weet jy dat net kinders liewe Jesus wil lief hê?
En dat kinders die wêreld al meer gaan verstom

Ek bring vir jou blomme ek gee jou genot
Ek leen jou my bicycle sonder 'n slot
Ek weet dit is laat en jou ma'le slaap
Maar ek moes net vir jou sê ek het jou lief
Ek het jou lief soos die Kaap

Ek bring vir jou blomme ek gee jou genot
Ek leen jou my bicycle sonder 'n slot
Ek weet dit is laat en jou ma'le slaap
Maar ek moes net vir jou sê ek het jou lief
Ek het jou lief soos die Kaap
Ek het jou lief soos die Kaap

Most popular songs of Hugo

Other artists of Sertanejo