Hillbrow
Ou man sit by die straatkafee
Kyk al die mense loop heen-en-weer
Boemelaars raas by die Wimpy Bar
Fontana is oop tot laat in die aand
Kaalvoet kinders in die straat
Wys parkeerplek aan
En hou dan die hand en hou dan die hand en hou oop die hand
O en gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate gee jou hart vir Hillbrow
Gee jou hart vir Hillbrow
Uit Quartzstraat hoor ek 'n meisie my roep daar's 'n Hare Krishna wat vra wat ek soek
Ken jy vir Jesus, vra 'n man op die stoep tussen Hillbrow Records en Estoril Books
En dis lank na twaalfuur
En die Hillbrow toring stuur
Sy sein in die nag, sy sein in die nag, sy sein vir die junkies wat wag
O en gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate, gee jou hart vir Hillbrow
Gee jou hart vir Hillbrow
En die ligte gaan aan in die Chelsea Hotel
Stemme en musiek klink in elke woonstel ons sit in die son en drink wyn
Ons survive met 'n helse lot pyn in hierdie land, ja
Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef op die een wat kry wat hy vra
Ja en gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou kleure vol gate, gee jou hart vir Hillbrow
En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou kleure vol gate, gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow
Komaan gee jou hart vir Hillbrow