In Die Hoëveld

In die Hoëveld waar dit oop is
En die hemel wyd daar bo
Waar kuddes waaigras
Huppel oor die veld

Waar 'n mens nog vry kan asemhaal
En aan 'n God kan glo
Staan my huisie
Wat ek moes verlaat, vir geld

En as ek in die gange van die myn hier sit en droom
Oor die winde op die Hoëveld
Ruim en vry
Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom
Sawens as ek bees of skaap toe ry

In die Hoëveld waar dit wyd is
En jy baie ver kan sien
Die ylblou bring 'n knop dan in jou keel

Staan my huisie nog en wag vir my
Wag al 'n jaar of tien
Waar die bokkies
Op die leigrafstene speel

Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit
Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind
Dan soek ek in die maanlig al die mooiste plekkies uit
Waar ek klei-osse gemaak het
As kind

Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit
Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind
Dan soek ek in die maanlig al die mooiste plekkies uit
Waar ek klei-osse gemaak het as kind

Most popular songs of Jannie Moolman

Other artists of Opera