Soms Sien Jy My

As jy kon hoor wat ek wil sĂȘ
As jy kon glo hoe ek oor jou voel
Sou jy jou twyfel in my dalk kon verloor, maar nou bly daar net trane oor

Ek wens ek kon al by jou wees
Ek wens ek kon jou net weer vashou
En al is jy so ver weg voel dit nou asof ek naby is aan jou

Want soms sien jy my as 'n droom wat nooit einde kry
Maar soms sien jy my as die een wat deur jou hart sny
En soms sien jy my as die een by wie jy liefde kry
Maar ek wens jy kon bly want jy's steeds 'n deel van my

Sal jy dit dalk eendag verstaan?
Die liefde wat ek vir jou dra
Of sou jy my net weereens kon verraai en al die skuld op my kom laai?

Ek weet jou hart is nou nog rou
Van al die seer wat jy aan vashou
Maar ek sal nooit jou keuse kan verstaan, dat jy dan sonder my wil gaan

Want soms sien jy my as 'n droom wat nooit einde kry
Maar soms sien jy my as die een wat deur jou hart sny
En soms sien jy my as die een by wie jy liefde kry
Maar ek wens jy kon bly want jy's steeds 'n deel van my

Is dit nou vir ons verby of dink jy nog aan my?
En sal ek ooit weer van jou hoor of is daar dan niks meer oor?

Want soms sien jy my as 'n droom wat nooit einde kry
Maar soms sien jy my as die een wat deur jou hart sny (Deur jou hart sny)
En soms sien jy my as die een by wie jy liefde kry
Maar ek wens jy kon bly want jy's steeds 'n deel van my

Most popular songs of Jay

Other artists of Pop rock