Twee

Elke liewe pot kry mos sy deksel
Ek weet daar's baie visse in die see
Gee my net 'n kans my lief en ek sal jou wys die beste nommer is twee

Sê my wat is reën sonder 'n reënboog?
Sout en peper hoort mos bymekaar
Sonder lekker koffie is beskuit droog, ja alles is 'n paar

So luister wat ek sê
Wil niemand anders hê nie
En alles wat jy ooit gesoek het sal jy net hier kry

Twee warm arms om jou vas te hou
Twee donker oë om mee te staar na jou
Twee lippe om aan joune vas te klou en van nou af is dit ons twee

Skouers wat jou las sal dra
Twee ore luister wanneer jy iets vra
Twee hande waarop ek jou altyd dra en van nou af is dit ons twee

Sê my wat's die see sonder 'n huisie?
Of dink net aan 'n kers sonder 'n vlam
En hierdie woorde sonder wysie, die son sonder die maan

So luister wat ek sê
Wil niemand anders hê nie
En alles wat jy ooit gesoek het sal jy net hier kry

Twee warm arms om jou vas te hou
Twee donker oë om mee te staar na jou
Twee lippe om aan joune vas te klou en van nou af is dit ons twee

Skouers wat jou las sal dra
Twee ore luister wanneer jy iets vra
Twee hande waarop ek jou altyd dra en van nou af is dit ons twee

Soos Pa en kind en Kaap en wind
En Adam sonder Eva
Soos ek en jy en jou by my

Twee warm arms om jou vas te hou
Twee donker oë om mee te staar na jou
Twee lippe om aan joune vas te klou en van nou af is dit ons twee

Warm arms om jou vas te hou
Twee donker oë om mee te staar na jou
Twee lippe om aan joune vas te klou en van nou af is dit ons twee

Skouers wat jou las sal dra
Twee ore luister wanneer jy iets vra
Twee hande waarop ek jou altyd dra en van nou af is dit ons twee
En van nou af is dit ons twee
Ja van nou af is dit ons twee

Most popular songs of Jay

Other artists of Pop rock