Lyn in die Sand

Moes daai pad nog eenkeer stap
Ek het tot hier gekom al het dit lank gevat
Ek het my drome in my hart gelos
Ek was ‘n reisiger opsoek na nog

Die seer het my soms terug gehou
Verkeerde draaie op myself vertrou
En elke afdraaipad het ek gevat, my skoene deur die sool getrap
By ‘n kruispad moet ek ‘n keuse maak

Kyk waar is ek nou
Goed gedoen wat ek berou
Want die lewe het my gegooi
Ek vergeet van al die mooi
Ek myself probeer bewys
Maar genade het geen prys
Genade het geen prys

Ek het die stukke toe weer opgetel
Jou van die krake op my hart vertel
Ek het die mure om my hoog gebou, moes van vooraf leer om te vertrou
By ‘n kruispad moet ek die keuse maak

Kyk waar is ek nou
Goed gedoen wat ek berou
Want die lewe het my gegooi
Ek vergeet van al die mooi
Ek myself probeer bewys
Maar genade het geen prys

Soms moet mens eerlik wees
Dis ‘n stryd tussen hart en vlees
Kry myself om op te staan
My verlede te laat gaan
Die brûe is afgebrand
Ek trek die lyn nou in die sand

Elke môre kom die son weer oor ons op
Nuwe moed om elke dag mee af te skop
In die stormwind sal jy die lig kan wees
Ek weet ek kyk gereeld nog op

Kyk waar is ek nou
Goed gedoen wat ek berou
Want die lewe het my gegooi
Ek vergeet van al die mooi
Ek myself probeer bewys
Maar genade het geen prys

Soms moet mens eerlik wees
Dis ‘n stryd tussen hart en vlees
Kry myself om optestaan
My verlede te laat gaan
Die brûe is afgebrand
Ek trek die lyn nou in die sand
Trek die lyn nou in die sand

Most popular songs of Jo Black

Other artists of Pop rock