Vermiste Mense

Jou naam kom nooit na vore
Nie in grou geregskantore
Nie in lêers oor verhore nie
Jou diepste, verste spore
Loop ook dood

Ek kan dit nie verduur nie
Daar's geen saak en geen dossier nie
Nie 'n deur wat nog skanier nie
En die wete jy's nie hier nie word soos lood

Ek bly opsoek na lank vermiste mense
Maar almal bly my oninhaalbaar voor
Die jare skif tot newels voor die lense
En die hart verloor maar mettertyd die spoor
Die hart verloor maar mettertyd die spoor

Die stad bars uit sy nate
En die rustelose strate
Sonder jou is leeg en verlate
En ek weet in watter mate ek jou mis

Ons praat soms soos tevore
En 'n droom word weer gebore
Maar 'n wêreld lê verlore
In die leegheid van die woorde wat daar is

Ek bly opsoek na lank vermiste mense
Maar almal bly my oninhaalbaar voor
Die jare skuif tot newels voor die lense
En die hart verloor maar mettertyd die spoor

Ek sook vergeef so lank vermiste mense
Wat om my is, maar onbereikbaar ver
Wat langsaam uitgekring het oor my grense
Nog lokkend maar afsydig soos 'n ster

Nog lokkend maar afsydig soos 'n ster

Most popular songs of Johannes Kerkorrel

Other artists of Pop rock