Weg Wêreld

Daar’s ‘n skreef van die son
Wat jou vang op die bed
Miljoene verlore opinies
Op die internet
Die gordyn word 'n muur wat die wêreld verwyd
Maar die kamer is donker en koel
So baie mense sukkel om te sê hoe hulle voel

Weg wêreld
Weg wêreld
My wêreld waak by my
Weg wêreld
Weg wêreld
My wêreld lê langs my

‘n Hart om te wen, ‘n liggaam om te verken
Amerika begeer, wat China nou beheer

Weg wêreld
Weg wêreld
Weg wêreld

Gewetes om te sus
Wie vergeef en wie vergif
Wie vertref en wie vertrap
Die mensdop bly ‘n grap
Jy’s die mooiste as jy lag
Ek besef weer elke dag
Om ‘n oomblik vas te vang
Is waaroor alles gaan

Weg wêreld
Weg wêreld
My wêreld waak by my
Weg wêreld
Ou slegte wêreld
My wêreld lê langs my

Most popular songs of Karen Zoid

Other artists of Pop rock