Langpad Na Lekkersing
Ek will oopgaan soos 'n aandblom
Ek wil bloei dwarsdeur die nag
Ek wil reën soos bitter wolke wat moes huil voor hulle kon lag
Ek wil opstaan soos die oos-wind
Ek wil alles oor jou uitvind
Ek wil fladder, fladder, fladder soos jou woorde elke oggend
Ek wil dig en hoop en wonder, sag van onder, skerp van bo
Ek wil dood gaan soos 'n hersblaar wat steeds in die lente glo
Ek wil stap en praat en luister na die woorde wat jy skryf
Ek wil liefhê, ek wil fluister
En eindelik tuiskom in jou lyf
Dis jou storie wat my huis toe bring, dis jou boek wat ek wil lees
Dis jou liedjie wat ek nou wil sing, dis jou ek wat ek wil wees
Jy's die skrywer van my lewe, jy's die storie van my reis
Ek wil lê hier in jou skaduwee, ek wil kook in jou kombuis
Ek wil dans onder die sterre van die nag se katedraal
Ek wil die langpad vat na lekkersing, ek wil musiek maak in my taal
Ek wil leef en voel en ja sê vir die vrae wat jy vra
Ek my uitsprei soos 'n reënboog oor die land
Suid-Afrika
Suid-Afrika
Suid-Afrika
Suid-Afrika
Suid-Afrika
Suid-Afrika
Suid-Afrika
Suid-Afrika
Suid-Afrika