As Drome Kan Waar Word

M van Rensburg, Fransua Roos

Ek onthou ons jeug
Tye lank gelede
Al ons liefdes vreug
Ons was so tevrede

Jy het my gesê
Ek was net 'n dromer
Dat jy net wou hê
Ek moes ophou droom
In onskuld om skenk ek my droom nou aan hom

O as drome kon waar word
Sou ons nimmer of nooit skei
Want in drome is ons vry
Kan jy ewig by my bly?

So ek leef weer in drome
Waar ons loop langs blou strome
En jy my trou belowe
Maar jy is by hom nou
En ek sit hier alleenig, alleen met my drome

As ek terug kon gaan
Terug na daardie tye
Kyk die goudgeel maan
Oor jou hare vryf

Jy sal langs my staan
Met jou hand in myne
En ons lewensbaan
Vry en ver van syne
Dit sou my pas as drome waar was

O as drome kon waar word
Sou ons nimmer of nooit skei
Want in drome is ons vry
Kan jy ewig by my bly?

So ek leef weer in drome
Waar ons loop langs blou strome
En jy my trou belowe
Maar jy is by hom nou
En ek sit hier alleenig, alleen met my drome
Alleen met my drome

Trivia about the song As Drome Kan Waar Word by Manuel Escorcio

Who composed the song “As Drome Kan Waar Word” by Manuel Escorcio?
The song “As Drome Kan Waar Word” by Manuel Escorcio was composed by M van Rensburg, Fransua Roos.

Most popular songs of Manuel Escorcio

Other artists of African music