Champagne kind
Stil en verlore sit hy en kyk hoe die skemer son verdwyn
Sy contact list is maar skraal en sy lewens space case se pastelle is vaal
In die donker vind hy geluk
En in sy wens raak hy 'n mens
Maar sonder die wind bly hy die bottel se kind
Ja sonder die wind kruip hy weg van goed en sleg
Maar saam met die wind was sy lewe 'n breeze
Nou sonder die wind bly hy blind hy's 'n champagne kind
Niemand skuld hom niks nie maar steeds sal hy rou en in die verlede vasklou
Sy somerson het verdwyn en sy koue winters verhit hy deur 'n bottel cane
Maar sonder die wind bly hy die bottel se kind
Ja sonder die wind kruip hy weg van goed en sleg
Maar saam met die wind was sy lewe 'n breeze
Nou sonder die wind bly hy blind hy's 'n champagne kind
Die bittersoen van haar parfuum
Replace hy met die bessie in sy gin
Die Rikkylouw en Pietblou gebruik hy as 'n getaway
Terwyl sy nagmerries hom berou
Maar sonder die wind bly hy die bottel se kind
Ja sonder die wind kruip hy weg van goed en sleg