Hy's 'n Miljoener

‘n Skeur in sy jas
En ‘n stukkende hoed
Hy slaap in die gras
As die storms woed

Hy leer van die wind
Van son en voël gesang
Altyd vrolik gesind
A a a, daar’s niks wat hy verlang

Hy is ‘n miljoenêr
‘n Miljoenêr vryheid vind hy net waar jy sy spore kry
Strek van hier na daar na wie weet waar na waar die roepstem hom lei
Hy's ‘n swerweling, ‘n swerweling, hy voel so ryk want hy is vry om te gaan
Net ‘n rusplek hier, ‘n slaapplek daar dit is sy hele bestaan

Êrens was ‘n kind
En ‘n huis en ‘n vrou
Êrens was ‘n vriend
Maar die beeld verflou

En êrens was ‘n plek
En êrens ‘n land
Ja soos voetspore strek
A a a, woed hy teen gister se sand

Hy is ‘n miljoenêr
‘n Miljoenêr vryheid vind hy net waar jy sy spore kry
Strek van hier na daar na wie weet waar na waar die roepstem hom lei
Hy's ‘n swerweling, ‘n swerweling, hy voel so ryk want hy is vry om te gaan
Net ‘n rusplek hier, ‘n slaaplek daar dit is sy hele bestaan

Most popular songs of Nádine

Other artists of Pop rock