Soos 'n Kind

Waar is die wonder waar waarvoor ons wag?
Waar is die vreugde en waar is die lag?
Ons mis uit op nou want ons hoop op eendag
Mis uit op waarna ons smag

Sien die wêreld deur die oë van 'n kind
Gooi jou vrese in die wind
Dans die lewe en bly glo soos 'n kind
En jy sal vrede vind

Wat is die waarheid en wie sê dis so?
Die eenvoud val weg, dit raak swaar om te glo
Ons het vergeet wat ons lankal reeds weet
Nou wil ons alles ontleed

Sien die wêreld deur die oë van 'n kind
Gooi jou vrese in die wind
Dans die lewe en bly glo soos 'n kind
En jy sal vrede vind

Nou is die wonderwerk, hou op met wag (Wonderwerk, hou op met wag)
Nou is die begin van 'n nuwe dag (Begin van 'n nuwe dag)
Los nou jou vrae en hou op met dink (Los nou jou vrae)
Leef die oomblik en ervaar als soos 'n kind

Hoe sal ons daar kom en hoe't ons verdwaal?
Of is ons soeke die eintlike kwaal?
Ons honger vir meer, ons wil alles proef
Dit wat ons het is nooit genoeg

Sien die wêreld deur die oë van 'n kind
Gooi jou vrese in die wind
Dans die lewe en bly glo soos 'n kind
En jy sal vrede vind

Sien die wêreld deur die oë van 'n kind
Gooi jou vrese in die wind
Dans die lewe en bly glo soos 'n kind
En jy sal vrede vind

Trivia about the song Soos 'n Kind by Nianell

When was the song “Soos 'n Kind” released by Nianell?
The song Soos 'n Kind was released in 2010, on the album “Sand & Water”.

Most popular songs of Nianell

Other artists of Middle of the Road (MOR)