Die Middernagtrein [Live]
Hier gaan ons alweer op daai Middernagtrein
Ek kry hom in Johannesburg
Kry ek jou in Bloemfontein
Vertel my dan van al jou drome
Dan vertel ek jou
Van die hart van 'n vrou
Want daar's 'n donker rivier
Wat net aanhou loop en loop
Tot by die donker see
Daar's niks wat jy kan doen
Jy sal dit nooit verstaan
Jy sal dit nooit verstaan
Hier gaan ons alweer op daai Middernagtrein
Dan kom ons in Beaufort-Wes
Daar het Gertjie verdwyn
Maar ek onthou al daai wonderlike aande
Daar by die vuur toe vertel hy my
Van die hart van 'n vrou
Maar daar's 'n donker rivier
Wat net aanhou loop en loop
Tot by die donker see
Daar's niks wat jy kan doen
Jy sal dit nooit verstaan
Jy sal dit nooit verstaan