Ek Kan Nie Wag Nie
Span ons alweer die wa voor hierdie perde in?
Ek kan nie wag nie
Sonder om mooi te kyk, sonder om mooi te dink
Ek kan nie wag nie
As dit jou bang maak is dit dalk die moeite werd
Ek kan nie wag nie
Gee my 'n oomblik een, twee, drie ek's reg
As die twyfel my en jou wil wakker hou
Kan jy maar gerus die volgende onthou
Maak vandag beter as gister was
Miskien 'n bietjie deurmekaar
Los hom daar en skree ek kan nie wag nie
More maak alles sin alles saak
En of dit beter raak sal ons saam uitvind
Ek kan nie wag nie
Ek skree ek kan nie wag nie
Ek skree ek kan nie wag nie
Spring ek en jy al weer hier aan die diep kant in?
Ek kan nie wag nie
Te laat om om te draai so gaan ons swem of sink?
Ek kan nie wag nie
Want as dit jou bang maak is dit dalk die moeite werd
Ek kan nie wag nie
So kom op vir asem een, twee, drie jy's reg
As die twyfel my en jou wil wakker hou
Kan jy maar gerus die volgende onthou
Maak vandag beter as gister was
Miskien 'n bietjie deurmekaar
Los hom daar en skree ek kan nie wag nie
More maak alles sin alles saak
En of dit beter raak sal ons saam uitvind
Ek kan nie wag nie
Ek skree ek kan nie wag nie
Ek skree ek kan nie wag nie
Ek kan ek kan nie wag nie
Ek kan ek kan nie wag nie
Ek kan ek kan nie wag nie
Ek kan ek kan nie wag nie
As die twyfel my en jou wil wakker hou
Kan jy maar gerus die volgende onthou
Maak vandag beter as gister was
Miskien 'n bietjie deurmekaar
Los hom daar en skree ek kan nie wag nie
More maak alles sin alles saak
En of dit beter raak sal ons saam uitvind
Ek kan nie wag nie
Ek skree ek kan nie wag nie
Ek skree ek kan nie wag nie