Hou Die Hemel Oop

Ek's 'n sondaar
Ek weet
Ek het baie harte seergemaak
En baie al gebreek
En my gewete is gebrand
Ek het te veel keer gekies
Teen rede en verstand

Maar ek is uitoorlê
Ek het oorgegee aan wie ek is

So hou die hemel oop vir as ek kom
Eendag as die tyd vir my sou kom
Dalk is dit nie nou maar ek's gereed
Dalk is dit vandag net die Here weet
Net die Here weet

Ek was verlore
Maar nou gevind
En sonder die gewig
Haal ek asem soos 'n kind
Daar wys 'n vinger
Na wie ek was
Maar ek het bittergou geleer
Ek is witter as wit gewas

Ek sien waar ek behoort
'n Ewigheid van hoop, en wie Hy is

So hou die hemel oop vir as ek kom
Eendag as die tyd vir my sou kom
Dalk is dit nie nou maar ek's gereed
Dalk is dit vandag net die Here weet
Net die Here weet

Oh, oh, oh
Sê my wat jy glo aan die einde
Oh, oh, oh
Die waarheid is jou en myne
Hy's lewe, Hy is die lig
Die vrede wat my hart verlig, oh
Sê my wat jy glo aan die einde

Hou die hemel oop
Vir as ek kom
Eendag as die tyd vir my sou kom
Dalk is dit nie nou maar ek's gereed
Dalk is dit vandag net die Here weet
Net die Here weet

Most popular songs of Riana Nel

Other artists of Country pop