Sterker

Dis nie die einde vertel ek myself
Dis net seer vir 'n oomblik
Die idee van wat almal sou dink
Is te veel en met rede

Ek't iemand nodig nou meer as nooit
Ek kan onthou jy't belowe
En die terug dink vernietig my siel
Ek sal moet vorentoe strewe

Ek het
Aanhou sing om as dit seer, en ek het
Als vergeet en oor probeer, en ek het
Aanhou bid tot ek kon glo, en ek het
Vergewe

Nou's ek sterker
As wat ek altyd was
Sterker as hoe vorentoe my wêreld val, en als verbrand tot as
Nou's ek sterker
As wat ek ooit al was
Geveg teen al die duiwels van die hemelruim en die duiwel in myself
Nou's ek sterker
Sonder jou maar as gevolg van jou

Ek neem 'n tree en ek doen dit alleen
Ek hou net uit vir 'n oomblik
Dis net die tyd wat ons alles sal leer
Want genesing is moontlik

Ek het
Aanhou sing om as dit seer, en ek het
Als verloor en oor begin, en ek het
Aanhou bid tot ek kon glo, en ek het
Vergewe

Nou's ek sterker
As wat ek altyd was
Sterker as hoe vorentoe my wêreld val, en als verbrand tot as
Nou's ek sterker
As wat ek ooit al was
Geveg teen al die duiwels van die hemelruim en die duiwel in myself
Nou's ek sterker
Sonder jou maar as gevolg van jou

Nou's ek soveel sterker, sonder jou het ek weer 'n stem
Om te sê wie ek is en wie ek wil wees, om my lewe terug te wen
Nou's ek sterker, deur

Ek is sterker
As wat ek altyd was
Sterker as hoe vorentoe my wêreld val, en als verbrand tot as
Nou's ek sterker
As wat ek altyd was
Geveg teen al die duiwels van die hemelruim en die duiwel in myself
Nou's ek sterker
Sonder jou maar as gevolg van jou

Most popular songs of Riana Nel

Other artists of Country pop