Sweet Vir My Sweet

Die vure brand, die manne braai
My vrou is besig met die slaai
Ek kyk so af en toe en smile vir haar
Ons kuier gaan nou lekker bos
Vanaand is al die litte los
Die rugby is al klaar en ons lawaai
Maar ek weet wat my girl gaan vra en sonder dat sy sê
Gee ek haar toe als wat sy wil hê

Ja daar's ‘n sweet vir my sweet
En ‘n soentjie vir my vroutjie
En ek kyk jou in jou oë, en ek glo
Ja ‘n sweet vir my sweet
En ‘n choccie vir my bokkie
Net ‘n iets om aan te kou want ek hou van jou
Ek hou van jou
Ek hou van jou

Die plaate speel die voete dans
Hier onder die sekel maan
Al het ons min het ons mekaar gevind
Geen ander plek waar ek wil wees
Net hie saam met jou
Van al ons vriende saam partytjie hou

Ja daar's ‘n sweet vir my sweet
En ‘n soentjie vir my vroutjie
En ek kyk jou in jou oë, en ek glo
Ja ‘n sweet vir my sweet
En ‘n choccie vir my bokkie
Net ‘n iets om aan te kou want ek hou van jou
Ek hou van jou (Hou van jou, hou van jou)
Ek hou van jou (Hou van jou)
Ek is lief vir jou (Hou van jou, hou van jou)
Ek hou van jou (Hou van jou)

'n Pot het mos sy deksel
Sout het mos asyn
Aartappels met vleis
En kaas gaan saam met wyn
Hand aan hand hier by jou is waar ek wil bly
Totdat al die perde eendag
Weer horings kry want

Daar's ‘n sweet vir my sweet
En ‘n soentjie vir my vroutjie
En ek kyk jou in jou oë, en ek glo
Ja daar's ‘n sweet vir my sweet
En ‘n choccie vir my bokkie
Net ‘n iets om aan te kou want ek hou van jou
Ek hou van jou (Hou van jou, hou van jou)
Ek is lief vir jou (Hou van jou)
Ja daar's ‘n sweet vir my sweet
En ‘n choccie vir my bokkie
Net ‘n iets om aan te kou want ek hou van jou
Ek hou van jou

Trivia about the song Sweet Vir My Sweet by Ricus Nel

When was the song “Sweet Vir My Sweet” released by Ricus Nel?
The song Sweet Vir My Sweet was released in 2019, on the album “Pure Plaas”.

Most popular songs of Ricus Nel

Other artists of Middle of the Road (MOR)